Kognitiewe dissonansie

Op die gebied van sielkunde kom kognitiewe dissonansie voor wanneer iemand twee of meer teenstrydige oortuigings, idees of waardes besit, of deelneem aan 'n aksie wat teen een van hierdie drie in stryd is, en as gevolg daarvan sielkundige stres ervaar. Volgens hierdie teorie, sal mense, wanneer twee aksies of idees nie sielkundig met mekaar ooreenstem nie, alles in hul vermoë doen om dit te verander totdat hulle konsekwent word.[1] Die ongemak word veroorsaak deur die persoon se geloof wat bots met nuwe inligting wat waargeneem word, daarom sal hulle probeer om 'n manier te vind om die teenstrydigheid op te los om hul ongemak te verminder.[1][2]

In 'n Teorie van kognitiewe dissonansie het Leon Festinger voorgestel dat mense na interne sielkundige konsekwentheid streef om geestelik in die werklike wêreld te funksioneer. Persone wat interne teenstrydigheid ervaar, is geneig om sielkundig ongemaklik te word en word gemotiveer om die kognitiewe dissonansie te verminder. Hulle is geneig om veranderinge aan te bring om die stresvolle gedrag te regverdig, deur nuwe dele tot die gedagte wat die sielkundige dissonansie veroorsaak by te voeg, óf deur omstandighede en teenstrydige inligting wat waarskynlik die omvang van die kognitiewe dissonansie kan vergroot te vermy.[2]

  1. 1,0 1,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Festinger1962
  2. 2,0 2,1 Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Festinger1957

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search